Skip to content

Ontwikkelingsbank gee goedkeuring vir lening van R8,26-miljard vir Suid-Afrika se Groen-groeiprogram

# Die Afrika Ontwikkelingsbank het ‘n lening van 8,26-miljard-rand aan Suid-Afrika se Infrastruktuur-bestuur en Groen-groeiprogram toegestaan. Dit dui die tweede fase aan van steun vir die land se Billike Energie-oordrag nadat ‘n program van 5,2-miljard-rand in 2023 bekendgestel is. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die program sal energie-sekerheid en vervoer doeltreffendheid versterk. Die bank sê die projek is ‘n bloudruk vir Afrika se groen toekoms, wat die groei van Suid-Afrika se bruto binnelandseproduk met tot 0,4-persent kan verbeter.