# Elon Musk het na weke van relatiewe stilte ná sy geskil met Donald Trump weer gewaarsku die Amerikaanse president se sogenaamde groot, lieflike wetsontwerp gaan nasionale skuld laat styg. Die wêreld se rykste mens het sy aanvalle teen Trump se voorgestelde belasting- en bestedingswetsontwerp verskerp na sy aanvanklike uitbarsting. Musk het op X gesê mense wat ʼn veldtog vir besnoeiing gevoer het maar nou die wetsontwerp ondersteun, moet hul koppe in skaamte laat sak. Hy sê dis tyd vir ʼn nuwe politieke party wat omgee vir die mense.
Musk verskerp weer sy aanvalle teen Trump