Skip to content

SAFTU verwelkom inhegtenisneming van Transnet-base vir korrupsie van R93-miljoen

# Saftu verwelkom die arrestasie van Brian Molefe, Anoj Singh, Siyabonga Gama en Thamsanqa Jiyane. Hulle staar strafregtelike aanklagte in die gesig wat verband hou met die Transnet-lokomotiefaankope van 93-miljoen-rand waarby China South Rail betrek word. Die federasie sê al vier beskuldigdes het in die Palm Ridge-handelsmisdaadhof in Ekurhuleni verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en die Maatskappyewet, en is op borgtog van 50-duisend-rand elk vrygelaat. Saftu sê die Zondo-kommissie het bevind die kontrakte vir een-duisend-259 lokomotiewe is onregmatig toegeken.