# Die Federasie vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika het Tafadzwa Chibanguza vanaf vandag as sy aangewese uitvoerende hoof aangewys. Chibanguza sal sy rol amptelik op 1 Januarie volgende jaar aanvaar wannneer hy Lucio Trentini ná sy aftrede in 2027 sal opvolg. Hy was sedert Maart 2022 Seifsa se bedryfshoof. Die president van Seifsa, Elias Monage, sê Chibanguza sal die organisasie lei tydens sy volgende groeifase, te midde van voortdurende bedryfsuitdagings wat ‘n langtermyn-inklusiewe strategie sal vereis.