# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging, Mzwandile Masina, moet ‘n besluit neem oor ‘n EFF-versoek om minister Parks Tau te ontbied. Die EFF-LP en woordvoerder van die party, Sinawo Thambo, sê hulle is bekommerd oor die onlangse aanstelling van drie ANC-lojaliste op die raad van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie. Thambo sê Ayanda Dlodlo, Nomusa Dube-Ncube en Sydney Mufamadi se aanstellings is onvanpas en bring die NOK se rol in gedrang. Tau se kantoor het nog nie gereageer op vrae oor die aanstellings nie.
EFF eis verduideliking van minister Tau oor ANC-aanstellings op raad van Nywerheidsontwikkelingskorporasie