# Rugby: Die Stad Kaapstad het motoriste en rugbyliefhebbers gewaarsku oor padversperrings naby Groenpunt en Grangerbaai. ‘n Skare van 40-duisend toeskouers word vandag by die Kaapstad Stadion verwag wanneer die Springbokke die Barbarians vir die eerste keer op Suid-Afrikaanse bodem kragte meet met die Qatar Airways-beker op die spel. Dit is die begin van die Springbokke se internasionale seisoen vir die jaar. Die Stad Kaapstad moedig toeskouers aan om van die MyCiTi-pendeldienste en parkeer-en-ry-fasiliteite gebruik te maak. Die hekke maak vanmiddag 12-uur oop.
Rugby: Stad Kaapstad waarsku oor padversperrings tydens wedstryd tussen Springbokke en Barbarians