# SANParke sal vanaf 1 Julie begin met ‘n gefaseerde heropening van die Tokai- en Silwermynstaproetes in die Tafelberg Nasionale Park. Dit volg na ‘n brand in April oor ‘n gebied van twee-duisend-800 hektaar. Silwermyn-hek 2 en die Boonste Tokai-hek sal heropen, maar nie die Vlak 4- en 5-staproetes nie. Silvermyn-hek 1, insluitend die dam en Riverwalk, bly gesluit tot later hierdie jaar. SANParke doen ‘n beroep op openbare samewerking vir veiligheid en herstel, en beplan ‘n Veilige Staptog-veldtog ter ondersteuning van die heropeningsproses.
SANParke heropen vanaf 1 Julie die Tokai- en Silvermyn-staproetes