Skip to content

Geel vlak-1 waarskuwing uitgereik vir reënweer in Kaapstad [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel vlak-1 waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reënval in Kaapstad tot môreaand. Die woordvoerder van Ramprisikobestuur, Sonica Lategan, sê plaaslike oorstromings kan voorkom wat die gevolge van vorige storms sal vererger as gevolg van deurdrenkte grond. Stadsdienste sal vloedtoestelle en humanitêre hulp voorsien. Lategan bevestig dat sewe brandweerstasies noodsaaklike skenkings soos komberse en higiënepakkies sal ontvang om inwoners te ondersteun wat geraak word:

AFR-LateganOnWeather