Skip to content

DA beskuldig onderburgemeester van Tshwane van R12,5-miljoen aan onbetaalde huur

# Die DA in Noordwes beweer die onderburgemeester van Tshwane en burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Eugene Modise, skuld die Noordwes-behuisingskorporasie 12,5-miljoen-rand in onbetaalde huur vir die Morula Sun-eiendom. Die eiendom word blykbaar deur sy onderneming Mzanzi Resorts gehuur. Die DA-lid, CJ Steyl sê die huurkontrak het in 2019 teen 150-duisend-rand per maand begin en is verleng tot 2026 ten spyte van agterstallige skuld. Steyl het versoek dat ondersoek ingestel word en beskuldig Modise daarvan dat hy ‘n mislukte ANC-gekoppelde provinsiale entiteit uitbuit.