Skip to content

Optimisme neem toe met 72% van wêreldwye arbeidsmag wat KI aanvaar

# ‘n Nuwe verslag deur die Boston Consulting Group onthul dat 52-persent van werkers wêreldwyd optimisties is oor Kunsmatige Intelligensie en generatiewe Kunsmatige Intelligensie, teenoor 35-persent in 2018. KI word grootliks aanvaar met 72-persent van die tienduisend-600 respondente in elf lande wat dit gereeld gebruik. Die aanvaarding deur leiers het egter op 51-persent vasgehak. Volgens die verslag kan werkers as gevolg van Kunsmatige Intelligensie tyd bespaar en produktiwiteit verhoog, ten spyte van kommer oor werksverlies. Deskundiges vra maatskappye om in opleiding en die herontwerp van werksvloei te belê ten einde die volle KI-waarde te ontsluit.