Skip to content

Afvaardiging Afrikaner-leiers, insluitend VF Plus-leier Corné Mulder, beraadslaag met senior Withuis-amptenare

# ‘n Senior afvaardiging van Afrikaner-leiers het ʼn hoëvlak-vergadering met senior amptenare van die Withuis in Washington gehou. Die afvaardiging het bestaan uit die leier van die Vryheidsfront Plus, Corné Mulder, die uitvoerende raadsvoorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-insiatief, Theo de Jager, en die uitvoerende hoof van die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, Gerhard Papenfus. Die amptenare het die voorvereistes vir die normalisering van bilaterale betrekkinge uiteengesit. Dit sluit in dat plaasaanvalle tot voorkeur-misdaad verklaar word en dat geen onteiening sal plaasvind sonder vergoeding teen markwaarde nie.