Skip to content

Minister Ramokgopa sê daar is geen botsende belange in ooreenkoms tussen Eskom en Mulilo Energy nie

# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientso Ramokgopa, sê daar is geen stawende bewyse vir bewerings van botsende belange tussen Eskom en Mulilo Energy se batterybergingsooreenkoms van 9,5-miljard-rand nie. Die maatskappyvoorsitter is Eskom se voormalige hoofbedryfsbeampte, Jan Oberholzer. Ramokgopa het gister gereageer op vrae in die Nasionale Vergadering en sê Mulilo Energy het voldoen aan die vereiste van openbare bekendmaking en voeg by die kragverskaffer het met die nodige omsigtigheid die Mulilo-ooreenkoms gesluit.