Skip to content

Regering van Nasionale Eenheid aanvaar Mediumtermyn-ontwikkelingsplan [KLANK]

# Die Regering van Nasionale Eenheid het ‘n Mediumtermyn-ontwikkelingsplan aanvaar. President Cyril Ramaphosa het tydens ‘n toespraak voor die Nasionale Raad van Provinsies gesê die sukses van die plan sal afhang van samewerking tussen die regering, die sakewêreld, arbeid en die burgerlike samelewing. Ramaphosa het verduidelik meesterplanne rondom maatskaplike ooreenkomste het reeds die motorbedryf, suiker en tekstielware ‘n hupstoot gegee. Hy beklemtoon die Nasionale Dialoog is van stapel gestuur om gedeelde patriotisme binne die beginsels van die Grondwet aan te wakker:

ENG-RamaphosaOnMTDP