# Build One South Africa het ‘n dringende oudit aangevra oor wetstoepassingsvermoëns nadat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, onthul het daar is ‘n tekort van twee-duisend-344 speurders in die land. Die BOSA-leier, Mmusi Maimane, sê hierdie tekort vererger misdaad, met onopgeloste sake en misdadigers wat los loop. Die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal word die ergste geraak. Hy doen ‘n beroep op onmiddellike werwing, beter hulpbronne en ‘n openbare stelsel om agterstande aan te pak en aanspreeklikheid te verseker.
BOSA eis dringende optrede te midde van tekort aan 2 344 speurders in SAPD