# President Cyril Ramaphosa het die regering se verbintenis tot inklusiewe ekonomiese groei en transformasie beklemtoon. Hy het in ‘n toespraak voor die Nasionale Raad van Provinsies, die program vir aandele-gelykheid uitgelig as ’n innoverende oplossing vir buitelandse maatskappye wat nie aan plaaslike eienaarskapsteikens kan voldoen nie. Ramaphosa sê die model stel oorsese maatskappye in staat om betekenisvol tot transformasie en regstelling by te dra. Hy het gewaarsku transformasie is nie onderhandelbaar nie en noodsaaklik vir nasionale vooruitgang:
Ramaphosa sê aandele-gelykheid is noodsaaklik vir inklusiewe ekonomiese transformasie [KLANK]
ENG-RamaphosaOnEquity