# ’n Koue front het tot wydverspreide oorstromings in dele van Kaapstad gelei. ’n Vlak twee-weerwaarskuwing vir ontwrigtende reën en ’n vlak vier-waarskuwing vir skadelike golwe bly van krag. Verskeie paaie, insluitend dele van die N1, N2, M3 en M5, word geraak. Die stad het noodspanne op bystand geplaas en inwoners en motoriste aangeraai om veiligheidsvoorsorgmaatreëls te tref. Die woordvoerder van die Ramprisikobestuursentrum, Sonica Lategan, sê reën en koue toestande word nog tot Vrydag verwag.
Kouefront veroorsaak wydverspreide oorstromings en padsluitings regdeur Kaapstad