Skip to content

N4-Krugerstraatbrug in Noordwes heropen vroeër as wat verwag is

# Die Krugerstraatbrug het vandag, ‘n maand vroeër as wat verwag is, heropen en vordering word ook gemaak met die 1.3-miljard-rand-opgradering van die N4 tussen die Buffelspoort- en Dr. Moroka-wisselaars in Noordwes. Die 30-kilometer-lange uitbreiding na twee bane in beide rigtings, sal verkeersopeenhopings verminder en veiligheid verbeter. Die Helen Joseph-wisselaar-brug sal van 2 Julie vanjaar tot 30 Julie volgende jaar gesluit wees. Bakwena se bedryfshoof, Solomon Kganyago, versoek motoriste om alternatiewe roetes te gebruik en nie onwettige U-draaie tydens padwerke te maak nie.