Skip to content

Minister Creecy sê Tesourie se Infrastruktuurfonds is die sleutel tot Transnet se vragteikens

# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die Tesourie se Begrotingsgerief vir Infrastruktuur is die sleutel tot Transnet se spoor- en hawe-opgraderings. Daar word gemik na ‘n jaarlikse vragteiken van 250-miljoen-ton teen 2030. Betrokkenheid van die privaat sektor kan twee jaar neem, maar die 160 navrae toon daar is baie belangstelling. Nege projekte ter waarde van 55,5-miljard-rand is goedgekeur vir vanjaar, met 15,3-miljard-rand van die Tesourie. Daar word ook ‘n Wetsontwerp op Spoorweë en Hawens opgestel om hervormings te versterk ingevolge die Nasionale Spoorbeleid- en Vraglogistiek-padkaart.