Skip to content

Erfenisterreine van die Vryheidsmanifes erg verwaarloos in die Oos-Kaap

# Suid-Afrika herdenk die aanvaarding van die Vryheidsmanifes 70-jaar gelede, maar belangrike erfenisterreine wat aan die gebeurtenis gekoppel is, val uitmekaar. Die eertydse huis van Zack Matthews en die graf van hoofman Tyali in Alice in die Oos-Kaap, word volgens berigte erg verwaarloos. Matthews het ‘n belangrike rol gespeel in die vorming van die manifes, met ‘n visie vir ‘n vrye en demokratiese Suid-Afrika. Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê deel van die planne om toerisme te bevorder is om die terreine te herstel, maar die proses vereis regeringsgoedkeuring.