# Hittegolwe in Amerika raak al hoe gevaarliker weens klimaatverandering. Bykans 160-miljoen mense van die Midde-Weste tot die Ooskus moet aandag skenk aan waarskuwings oor hitte, terwyl waarskuwings oor uiterste hitte in sowat tien groot stede geld, insluitend Chicago, Boston, die stad New York en Detroit. Temperature kan oor die volgende paar dae in dele van die land tot hoër as 37-grade Celsius styg. Weerkundiges sê hittegolwe gaan weens klimaatsverandering erger raak, meer gereeld voorkom en langer duur.
Hittegolwe in Amerika raak al hoe gevaarliker