# ‘n Eeue-oue viool ter waarde van meer as 3,6-miljoen-rand is uit ‘n Londense kroeg gesteel. Dit behoort aan ‘n lid van die Londense Filharmoniese Orkes. Die 30-jarige eienaar het die diefstal onmiddellik by die polisie aangemeld, maar die instrument is nog nie gevind nie. Die Britse polisie vra nou hulp om die viool van 285-jaar op te spoor, en het kringtelevisie-materiaal vrygestel van ‘n man wat die kroeg daarmee verlaat. Dit is in 1740 in Florence, Italië, gemaak en die eienaar beskryf dit as uiters kosbaar en waardevol.
Viool van R3.6-miljoen uit Londense kroeg gesteel