# Rusland se minister van Ekonomie, Maxim Reshetnikov, sê volgens huidige sakesentimente is die land se ekonomie op die rand van ʼn resessie. Moskou het vandeesmaand rentekoerse die eerste keer sedert 2022 verlaag wat die uitleenkoers op 20-persent te staan bring. Die land se ekonomiese groei het in die eerste kwartaal van 2025 op ʼn jaar tot jaar basis tot 1,4-persent verlangsaam wat die laagste kwartaallikse syfer in twee jaar is. Reshetnikov sê beleidsbesluite sal bepaal of ʼn resessie vermy kan word.
Rusland se minister van Ekonomie sê land is op rand van resessie