Skip to content

Minister Godongwana sê regering het waardevolle lesse geleer op gryslys

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê dit was ʼn goeie uitdaging vir die regering nadat die Finansiële Aksietaakspan Suid-Afrika op die gryslys geplaas het. Die land is sedert Februarie 2023 op die lys omdat dit nie internasionale standaarde nakom wat met geldwassery en onwettige finansiële vloei verband hou nie. Suid-Afrika het intussen aan al 22 vereistes voldoen en behoort in Oktober van die lys te kom. Godongwana sê die proses was waardevol omdat hulle geleer het hoe om as regering, as ʼn geheel, te werk en op te tree.