Skip to content

Mashatile sê Suid-Afrika pleit vir vreedsame oplossings vir konflikte eerder as militêre ingryping

# Adjunkpresident Paul Mashatile sê dit het baie duidelik geword dat die wêreld nou meer as ooit, te midde van die onstuimige wêreldkrisisse, solidariteit nodig het. Hy het ‘n lesing by die Staatsuniversiteit van St. Petersburg in Rusland gelewer. Hy is die week op ‘n werksbesoek aan Moskou, met die doel om ekonomiese en handelsbande tussen die twee lande te versterk. Mashatile sê Suid-Afrika handhaaf ‘n onpartydige posisie in internasionale sake, en gee voorkeur aan staatsoewereiniteit, vreedsame geskilbeslegting en multilateralisme.