Skip to content

Nog ‘n verdagte aangekeer vir moord op joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat

# Die polisie in KwaMhlanga, Mpumalanga, het nog ‘n verdagte aangekeer in verband met die ontvoering en moord op die joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Die paartjie het in Februarie verdwyn, en hulle liggame is verlede maand deur DNS-toetsing uitgeken nadat hulle oorskot in ‘n veld in Rust de Winter, Limpopo, gevind is. KwaMhlanga se stasiebevelvoerder, Lindiwe Dlamini, het bevestig dat die verdagte verlede week aangekeer is. Mdhluli en Ndlovu sal onderskeidelik vandag en môre in Mpumalanga begrawe word.