# Basketbal: Die Buss-familie wat Los Angeles Lakers sedert 1979 besit, het ingestem om sy meerderheidsaandeel in die franchise vir ʼn rekordbedrag van 180-miljard-rand te verkoop. Dis die grootste verkope van ʼn beroepsport-franchise in die wêreld. Die familie het ʼn ooreenkoms gesluit met TWG Global se stigter en uitvoerende hoof, Mark Walter, wat Los Angeles Dodgers besit. Volgens berigte sal die Buss-familie ʼn minderheidsaandeel van net meer as 15-persent behou terwyl Jeanie Buss aanbly as Lakers se hoof.
Basketbal: Buss-familie gaan meerderheidsaandeel in LA Lakers vir rekordbedrag van R180-miljard verkoop