# Die Durbanse Handelsmisdaadhof het die saak uitgestel teen sewe mense wat daarvan verdink word dat hulle deel is van ‘n paspoortbedrog-sindikaat. Hulle sal Vrydag aansoek doen om regshulp en borgtog. Amptenare van Binnelandse Sake is na bewering ook betrokke by die bedrogspul. Die groep staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en oortredings van immigrasie-wetgewing. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê die paspoorte is na-ure, oor naweke en op openbare vakansiedae verwerk:
Sewe verdagtes verskyn in Durbanse hof oor beweerde paspoortbedrog-sindikaat [KLANK]
ENG NatashaOnPassportSyndicate