# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking moedig Suid-Afrikaners in Iran aan om die ambassade in Teheran te kontak en seker te maak hulle is geregistreer en hulle verblyfplek is bekend. Dit volg terwyl dodelike vyandelikhede tussen Israel en Iran steeds verskerp. Die departement sê Suid-Afrika se ondersteuning in Iran is beperk, en dis moontlik dat geen regstreekse konsulêre hulp in ʼn noodgeval moontlik is nie. Hy sê landsburgers word aangeraai om hul eie veiligheid en sekerheid te bepaal en daarvolgens op te tree.
Suid-Afrikaners in Iran gewaarsku om versigtig te wees terwyl vyandelikhede met Israel toeneem