# Die Verenging van Staatsamptenare sê ‘n toksiese politieke kultuur het gelei tot die bedanking van die direkteur-generaal in die kantoor van die premier van KwaZulu-Natal, Nonhlanhla Mkhize. Die vakbond beweer Mkhize is met geweld gedreig nadat sy geweier het om onreëlmatige aanstellings wat verband hou met ‘n 100-miljoen-rand jeugfonds, goed te keur. Mlungisi Ndlovu van die vakbond sê die dreigemente was na berig word uit die premier se kantoor afkomstig, en verteenwoordig ‘n aanval op eties regering en geslagsgelykheid:
Staatsamptenare-vakbond veroordeel politieke intimidasie rondom R100-miljoen jeugfonds [KLANK]
ENG NdlovuOnIntimidation