# Die DA sê die nuwe reëls oor gelyke indiensneming kan werkgewers dwing om werkers in rassegroepe te klassifiseer gebasseer op verouderde aannames. Die party waarsku indien werkers weier om hulle ras bekend te maak, sal werkgewers hulle moet klassifiseer deur definisies te gebruik wat nie sedert 1998 verander het nie. Hulle belowe om met ‘n regstryd teen gedwonge rasklassifisering te veg. Michael Bagraim van die DA moedig die regering aan om die voorskrifte te onttrek en om eerder op werkskepping vir alle burgers te fokus.
DA onderneem ’n regstryd oor rasseklassifikasie deur werkgewers