# Adjunkpresident Paul Mashatile sê hy verwelkom die uitslag van die polisie se tugondersoek wat agt gewese lede van sy BBP-beskermingspan vrygespreek het. Dit volg ten spyte van videomateriaal wat wys hoe hulle in 2023 ʼn burgerlike op die N1 in Johannesburg aanrand. Die polisie se interne tugkomitee het bevind die video mag nie as bewys toegelaat word nie. Mashatile het gister in die Nasionale Vergadering op vrae gereageer en gesê hy was nooit betrokke by die tugproses nie en het nooit ʼn ontmoeting met die slagoffer aangevra nie.
Mashatile sê hy was nie betrokke by die ondersoek wat sy gewese lyfwagte vrygespreek het nie