# Build One South Africa het ‘n Konsepwet oor Billike Vergoeding bekendgestel wat beoog om salarisdiskriminasie te elimineer en gelyke geleenthede in die arbeidsmark te bevorder. Die Wetsontwerp op Billike Vergoeding wil verbied dat werkgewers vra vir ‘n salarisgeskiedenis en dit verpligtend maak dat salarisskale in werkadvertensies aangedui moet word. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane het die media ingelig dat die wetsontwerp gelyke betaling vir gelyke werk, ongeag ras, geslag of ouderdom, voorstaan en sal werkers toelaat om salarisse openlik te bespreek:
BOSA stel Wetsontwerp oor Billike Vergoeding bekend om salarisdiskriminasie te beëindig [KLANK]
ENG MaimaneOnFairPayBill