# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die Appèlhof se uitspraak verwelkom wat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se appèlaansoek in die Nulane Beleggings-bedrogsaak handhaaf. Die uitspraak herroep waarnemende regter Nompumelelo Gusha se ontslag van die agt beskuldigdes in 2023, insluitend Iqbal Sharma en voormalige Vrystaatse amptenare. Die Appèlhof het ’n herverhoor voor ’n ander regter gelas. Die NVG se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê dit baan die weg om voort te gaan met die vervolging van hoëprofiel-korrupsiesake wat met staatskaping verband hou:
NVG verwelkom Appèlhof se uitspraak in Gupta-gekoppelde Nulane-saak [KLANK]
ENG-MhagaOnNulane