Skip to content

SAB ondersoek ander moontlikhede voor besluit oor pakhuis-werkverliese

# Suid-Afrikaanse Brouerye sê alle lewensvatbare moontlikhede word oorweeg te midde van ‘n herstruktureringsproses wat tot werksverliese kan lei. News24 berig Saftu beskuldig SAB dat hy werksgeleenthede aanhoudend teiken. Die federasie waarsku dat die poste van 233 pakhuiswerkers nou in gevaar is met meer as ‘n duisend werksgeleenthede wat die afgelope ses jaar verloor is. Die onderneming sê daar is nog geen finale besluit oor afleggings geneem nie, en hy is verbind tot regverdige gesprekke as deel van ‘n wettige proses.