Skip to content

Onwettige visvang en plastiekafval bedreig Mosambiek se biodiversiteit

# Die Mosambiekse minister van Seehulpbronne en Visserye, Momade Juízo waarsku dat onwettige visvang, wortelboomvernietiging en plastiekafval ernstige bedreigings vir die land se biodiversiteit inhou. Hy benadruk die behoefte aan die beskerming van die kuslyn van twee-duisend-700-kilometer. Juízo sê hervormings is op sektorvlak aan die gang vir die versterking van die politieke, wetlike en institusionele raamwerk ten einde die bestuur van mariene hulpbronne en individuele en kollektiewe verantwoordelikheid te verbeter.