Skip to content

Wêreldbank se infrastruktuurlening van R26,5-miljard help Suid-Afrika met probleme in energie- en vragvervoersektore

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê Suid-Afrika se voortgesette vennootskap met die Wêreldbank sal die land help om vinniger te vorder met hervormings in die infrastruktuurlandskap. Dit volg nadat die Wêreldbank ʼn lening van sowat 26,5-miljard-rand goedgekeur het vir strukturele hervorming om infrastruktuur te verbeter. Die lening maak fondse beskikbaar dat Eskom die netwerk kan aanpas vir opwekking van hernubare energie en Transnet kan help om vragvervoervermoë uit te brei.