# Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, ontken bewerings dat sommige van hul ouditeure in die Vrystaat korrup is. Dit volg nadat ActionSA beweer het dat senior Vrystaatse werknemers van die Ouditeur-generaal met Centlec-werknemers en konsultante saamgespan het om oudit-uitkomste en verslae te vervals. Die verslae moes wydverspreide finansiële wanbestuur en bedrog in die Mangaung-munisipaliteit ontbloot. Die Ouditeur-generaal se woordvoerder, Harold Maloka, sê oudits is onderworpe aan streng interne en eksterne prosesse om seker te maak etiese en ouditstandaarde word nagekom:
Ouditeur-generaal verwerp bewerings van samespanning tussen Vrystaatse ouditeure en Centlec-werknemers [KLANK]
ENG HaroldonAllegations