# Die ekonomie van die Eurosone het aansienlik vinniger gegroei as wat geraam is in die eerste drie maande van 2025. Dit is danksy beter as verwagte groei in Duitsland en sterk produksie in Ierland. Ekonome het onmiddelik gewaarsku dat die data misleidend is en gewaarsku oor probleme weens die wisselvallige Amerikaanse handelsbeleid. Die EU se data-agentskap het gesê die streek het 0,6-persent groei aangeteken oor die tydperk Januarie tot Maart vergeleke met die vorige kwartaal, teenoor die 0,3 persent wat verlede maand gepubliseer is.
Eurosone se groei in eerste kwartaal hoër as verwag