Skip to content

President Ramaphosa betreur die afsterwe van die voormalige Zambiese leier Edgar Lungu

# President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig aan die familie van die voormalige Zambiese president Edgar Lungu en die mense van Zambië na Lungu se afsterwe gister in Pretoria op 68-jarige ouderdom. Volgens die Patriotic Front het Lungu vir ‘n aantal weke mediese behandeling in Suid-Afrika ontvang vir ‘n onvermelde siekte. Lungu het Zambië vanaf 2015 gelei totdat hy die 2021-verkiesing teen die huidige president Hakainde Hichilema verloor het. Ramaphosa het hom as ‘n leier, ‘n broer en vriend beskryf.