Skip to content

Mashatile stuur Clean Cities-veldtog in Gauteng van stapel

Adjunkpresident Paul Mashatile stuur vandag die Clean Cities and Towns-veldtog in Soweto, Gauteng, van stapel. Die projek bevorder skoner, groener stedelike ruimtes en dien as aansporing vir landwye gemeenskapsgedrewe opruimingsaksies. Die veldtog ondersteun ook die regering se breër diensleweringsdoelwitte onder die Distriksontwikkelingsmodel. Mashatile word vergesel deur die Gautengse premier Panyaza Lesufi en die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero. Skoonmaak- en boomplantbedrywighede sal by die Walter Sisulu-plein begin, waar ‘n Toewydingsvlam ook aangesteek sal word.