# Die Regsentrum vir Vroue veroordeel die doodsdreigement wat die sekretaresse, Andiswa Mengo, na bewering ontvang het, nadat sy die Oos-Kaapse Regterpresident, Selby Mbenenge, beskuldig het van seksuele teistering. eNCA berig ‘n handgeskrewe nota wat lees “a bullet is waiting for you” is verlede Vrydag op haar lessenaar gevind. Mengo se saak dien nou voor die Regterlike Gedragstribunaal en kan lei tot ‘n ampsklag teen Mbenenge. Die Sentrum sê die dreigement beklemtoon die gevare wat vroue in die gesig staar as hulle teistering aanmeld. Hulle eis dringende beskerming en optrede deur wetstoepassers.
Regsentrum vir Vroue veroordeel doodsdreigement teen sekretaresse van Oos-Kaapse Regter