# Die Biervereniging van Suid-Afrika waarsku dat hoë aksynsbelasting verbruikers na onwettige alkohol dryf. Tydens die 2025 Afrika-brouery konferensie het die uitvoerende hoof van BASA, Charlene Louw, dringende belastingverligting versoek, en daarop gewys dat 38-persent van die prys van bier aan belasting afgestaan word. Sy het die belangrike ekonomiese rol van bier beklemtoon, insluitend die voorsiening van meer as 210-duisend werksgeleenthede terwyl dit 94-miljard rand tot die bruto binnelandse produk bydra. Sy vra dat die belastingbeleid in ooreenstemming met ekonomiese realiteite gebring word om werksgeleenthede te beskerm en onwettige handel te beveg.
Biervereniging vra vir laer bierpryse om onwettige handel te beveg