# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê sy is bekommerd oor die uitspraak in die Moroadi Cholota-uitleweringsaak. Die Hooggeregshof in Bloemfontein het bevind Cholota se uitlewering uit Amerika in 2024 was onregmatig en ongrondwetlik. Dit volg nadat die gewese Vrystaatse premier, Ace Magashule, se voormalige persoonlike assistent die staat beskuldig het dat hy vervalste dokumente aan Amerikaanse owerhede oorhandig het. Kubayi het aan die SABC gesê sy is bekommerd oor die uitleweringsprosesse:
Minister Kubayi beveel NVG om alle uitleweringsversoeke te verskaf na Cholota-uitspraak [KLANK]
ENG KubayiOnExtraditions