# Die DA doen ‘n beroep op die weermag om die sloping van woonwahuise in Postmasburg in die Noord-Kaap te bespoedig. Dit volg nadat ‘n weermagsersant se vrou en dogter verlede jaar in een van twee brande in militêre woonwahuise in die dorp doodgebrand het. Die huise is reeds jare gelede onveilig verklaar vir menslike gebruik, en hou steeds ‘n gevaar in. James Boucher van die DA het gevra vir daadwerklike optrede om die gevaarlike strukture te verwyder en militêre eiendomme te herstel: