Skip to content

Internasionale Lugvervoervereniging voorspel groter lugrederywinste in 2025

# Die Internasionale Lugvervoervereniging voorspel dat lugrederye wêreldwyd se netto winste in 2025 tot 644-miljard-rand sal styg, teenoor die 57-miljard-rand van verlede jaar. Die vereniging se direkteur-generaal, Willie Walsh, sê laer vliegtuigbrandstofpryse en verhoogde passasiersaanvraag verhoog die winsmarges, ten spyte van wêreldwye mark-onsekerheid. Walsh skat passasiersgetalle kan ongeveer vyf-miljard bereik, met ‘n verwagte algehele inkomste van tot 17-duisend-miljard-rand. Hy het egter gewaarsku dat alhoewel winsgewendheid besig is om te verbeter, die bedryf steeds kwesbaar is vir skokke soos belasting of regulatoriese veranderings.