# ActionSA sê die jongste ekonomiese groeisyfers bevestig die land se ekonomiese krisis, met groei van slegs 0,1-persent in die eerste drie maande van die jaar. Die party gee die regering van nasionale eenheid die skuld vir die gebrek aan werkskepping asook die herlewing van krimpende sleutelsektore soos mynbou en vervaardiging. Alan Beesley van ActionSA vra dringende hervormings, ondermeer die herstel van energie- en vrag-infrastruktuur en ‘n vermindering in rompslomp om plaaslike nywerheid te bevorder:
ActionSA gee RNE skuld vir massawerkloosheid en nywerheidsagteruitgang [KLANK]
ENG BeesleyOnSlowEconomy