# Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging, Mzwandile Masina, sê Starlink is nie die enigste manier om internettoegang in Suid-Afrika uit te brei nie. Masina se kommentaar volg ná ‘n openbare debat oor Starlink se nakoming van plaaslike eienaarskapwette. Masina het klem gelê op die behoefte om ‘n reeks tegnologieë te ondersoek wat die digitale gaping sal oorbrug. Hy is van mening transformasie en inklusiwiteit in die tegnologiesektor bly nasionaal uiters belangrik veral met die groeiende aanvraag na ‘n bestendige landelike netwerk.
Parlement se komitee oor Handel sê Starlink is nie enigste keuse om internet uit te brei nie