Skip to content

Inwoners gewaarsku oor twee rondloper leeus wat naby Plange-Mtititi-nedersetting in Limpopo gesien is

# Twee rondloper leeus is in die veld naby Plange-Mtititi, aan die noordelike grens van die Krugerwildtuin in Limpopo gesien. ‘n Gemeenskapswoordvoerder, Isaac Khosa, sê veldwagters is ontbied, maar het die diere nog nie gewaar nie. Khosa waarsku plaaslike inwoners en veeboere om waaksaam te wees. Die leeus is laas in die bosse naby die Shangoni-hek gesien. Omgewingsowerhede het nog nie gereageer nie, terwyl die gemeenskap op hoë gereedheidsgrondslag bly vir potensiële probleme.