# Die popster Dua Lipa het saam met sowat 300 Britse bekendes ‘n ope brief onderteken waarin die regering versoek word om wapenverkope aan Israel te staak. Dit volg op soortgelyke pleidooie van prokureurs en skrywers. Akteurs, musikante, aktiviste en ander openbare figure vra premier Keir Starmer in die brief om Brittanje se medepligtigheid te beëindig aan wat hulle die gruwels in Gaza noem. Ander ondertekenaars sluit in die akteurs Benedict Cumberbatch, Tilda Swinton en Riz Ahmed, en die musikante Paloma Faith, Annie Lennox en Massive Attack.
Britse bekendes vra regering om wapenverkope aan Israel te staak