Skip to content

GIWUSA versoek Reserwebank om rentekoers drasties te verlaag [KLANK]

# Die nywerheidsvakbond GIWUSA het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank gedoen om die rentekoers drasties te verlaag. Suid-Afrika se huidige terugkoopkoers bly 7,5-persent nadat die Reserwebank by sy beleidsvergadering in Maart besluit het om sy rentekoers onveranderd te laat. Dié besluit volg na drie opeenvolgende 25-basispunt verlagings. Die prima-uitleenkoers vir handelsbanke is elf-persent. Die president van GIWUSA, Mametlwe Sebei, sê die huidige rentekoers is ‘n wrede aanval op die ekonomie en werkgeleenthede:

ENG MametlweonInterestRates